Self-Bemarkings Regulasies

Protokol en standaarde vir privaatslagting en self-bemarking deur geregistreerde Karoo lam produsente
7 February 2025 by
Self-Bemarkings Regulasies
Admin

Na aanleiding van die amptelike beskerming en geografiese indikator (GI) status van Karoo Lam is die gebruik van die woorde “Karoo Lam” deur produsente, bemarkers, kleinhandelaars, abattoirs, ens onderhewing aan die regulasies soos gepubliseer in die Staatskoerant (R3992 van 27 Oktober 2023). Hiervolgens mag die woorde Karoo Lam slegs op lamsvleis aangebring word wat volgens hierdie regulasies geproduseer, geslag en verpak is. Produsente, verpakkers en abattoirs moet by die Departement van Landbou, SAMIC of die Karoo Lam Konsortium geregistreer wees om van die geleentheid gebruik te maak om Karoo Lam te bemark.


Wanneer produsente en ander enititeite geregistreer is kan Karoo Lam privaat en onder enige handelsmerk bemark word met dien verstande dat die woord “Karoo Lam” altyd vergesel sal word deur die amptelike  logo wat die GI-status van Karoo Lam aandui.

  • Registrasievereistes: Produsente moet geregistreer wees by KLC. Daarbenewens moet enige entiteit wat Karoo Lam wil bemark, insluitend aanlynwinkels of kleinhandelaars, afsonderlik geregistreer wees as "verskaffer/kleinhandelaar." Hierdie stelsel verseker naspeurbaarheid en maklike bestuur van die GI-status.
  • Gebruik van die GI-logo: Wanneer geregistreerde produsente Karoo Lam privaat bemark, moet die amptelike GI-logo altyd sigbaar wees. Die logo bevestig die oorsprong en egtheid van die produk.

  • Naspeurbaarheid: Die KLC het unieke Karoo Lam GI-etikette ontwerp wat naspeurbaarheid verseker. Hierdie etikette kan slegs aangekoop word deur geregistreerde lede wat ook as verskaffers geregistreer is.


  1. Produsent registreer as KLC-lid of is reeds geregistreer.
  2. NB: Registreer dan die bemarkingsentiteit as ‘n verskaffer/kleinhandelaar hier: https://www.karoolamb.org/supplier
  3. Betaal die lidmaatskapgelde vir die jaar, en ontvang 'n sertifikaat as amptelike verskaffer van egte Karoo Lam.
  4. Sit bestelling in vir die nuwe Karoo Lam GI-etikette wat gekoppel is aan volle naspeurbaarheidstelsel wat slegs beskikbaar is vir geregistreerde verskaffers.
  5. Produsent voltooi dokumentasie vir lewering by die abattoir, met aanduiding van "privaatbemarking" as Karoo Lam.
  6. Abattoir merk karkasse met die Karoo GI-rolmerk en voorsien volledige slagstate en COC-vorms.
  7. Verpakker ontvang dokumentasie en verpak karkasse volgens voorskrifte, met die GI-logo, Karoo Lam-etiket en die produsent se handelsmerk.
  8. Produsent betaal vir verpakking en reël koelvervoer.
  9. Produsent verkoop teen eie pryse en dra verantwoordelikheid vir vervoerkoste.

  • Vir elke karkas wat privaat as Karoo Lam geslag word moet die Karoo GI rolmerk aangebring word.
  • Abattoir verseker dat normale dokumentasie karkasse vergesel om naspeurbaarheid te verseker.

Baie dankie vir u samewerking met betrekking tot die regulasies.

Indien u enige navrae het, skakel gerus vir Charles Erasmus op +27 (66) 317 6593


Share this post
Labels