Deon Meyer Supports Certified Karoo Meat of Origin

15 December 2011 by

CERTIFIED KAROO MEAT OF ORIGIN/KAROO VLEIS VAN OORSPRONG het onlangs goeie ondersteuning uit ‘n onverwagse oord ontvang. Deon Meyer het in hul kookboek “Kom Eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer”, sterk lansie gebreek vir Karoo lam en sterk kapsie gemaak teen al die vervalsingspogings om die verbruikers te mislei. Hy beveel aan dat die verbuiker direk van die boer moet koop. Maar hoe sal dit werk ? Dit is presies wat hierdie sertifiseringskema wil regkry – om dit vir die verbuiker moontlik te maak om direk van die boer te koop sonder om Karoo toe te ry.

Die KDF het vir Deon Meyer van die inisiatief vertel en hy het so gereageer: “Baie dankie vir die skrywe, en die eer van die versoek. Ek het onlangs in Landbou-Weeklblad en op RSG kennis geneem van gesertifiseerde Karoo-lam, en steun graag dié uitstekende inisiatief. Ek koppel graag my naam daaraan.“

Share this post
Labels