Ná jare se harde werk om erkenning vir Karoolam as vleis van oorsprong te kry, is daar nou ’n sertifiseringsmerk geregistreer wat die egtheid van die vleis waarborg. Die Karoo se windpompe, kort bossies en troppe skape en die uitgestrekte stilte en diep landelikheid wat dit verteenwoordig, het ’n baie spesiale plek in vele Suid-Afrikaners se harte. Vanjaar, met die aankondiging van planne om skaliegas daar te soek, het die teenstand van duisende Suid-Afrikaners getoon hoe die beskerming van dié droë landstreek met die nasionale psige ineengeweef is. Die openbare ontevredenheid was nie net teenkanting teen die ontginning van skaliegas nie, maar eerder ’n noodroep om die Karoo en al die goeie goed wat dit verteenwoordig, te beskerm. Een van die ikoniese produkte wat met die Karoo geassosieer word, is skaap- en lamsvleis, dog dese en gene probeer daaruit munt slaan; meermale tot nadeel van verbruikers…. lees die artikel in Landbou, deur Amelia Genis | Download page 01 | Download page 02 | Download page 03 |