Please take note of the change in the name of Meat of Orgin Karoo (MOOK) to the "Karoo Lamb Consortium". The Karoo Lamb Consortium will as of 1 August 2020 be responsible for all rules, auditing and membership administration related to the Karoo Meat of Origin certification scheme.

Deon Meyer supports Certified Karoo Meat of Origin

CERTIFIED KAROO MEAT OF ORIGIN/KAROO VLEIS VAN OORSPRONG het onlangs goeie ondersteuning uit ‘n onverwagse oord ontvang. Deon Meyer het in hul kookboek “Kom Eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer”, sterk lansie gebreek vir Karoo lam en sterk kapsie gemaak teen  al die vervalsingspogings om die verbruikers te mislei. Hy beveel aan dat die verbuiker direk van die boer moet koop. Maar hoe sal dit werk ? Dit is presies wat hierdie sertifiseringskema wil regkry – om dit vir die verbuiker moontlik te maak om direk van die boer te koop sonder om Karoo toe te ry.

Die KDF het vir Deon Meyer van die inisiatief vertel en hy het so gereageer: “Baie dankie vir die skrywe, en die eer van die versoek. Ek het onlangs in Landbou-Weeklblad en op RSG kennis geneem van gesertifiseerde Karoo-lam, en steun graag dié uitstekende inisiatief. Ek koppel graag my naam daaraan.