• About Vonkslaagte

    Aan die voet van Spioenberg, is die plaas geleë en die oorsprong van die naam Vonkslaagte dateer van die Boereoorlog. "Vonk-se-leegte" is vernoem na 'n baie getroue plaaswerker met die naam Vonk. Met die jare het die naam verander na Vonksleegte.

    Vele gevegte tydens die boereoorlog het plaasgevind rondom Spioenberg en jare gelede het die graf oopgespoel waarin 'n man en sy perd saam begrawe was in een graf.

    Rondom 1939 is Vonkslaagte gekoop vir die bruidspaar Willie en Naughty Sieberhagen.

    Vandag is Vonkslaagte 'n netjiese geordende plaas waar Rick van Schalkwyk, die derde geslag op die plaas, 'n organiese kleinvee boerdery bestuur, in 'n deel van die Karoo waar 'n groot verskeindenheid Karoo bossieveld gevestig is. Die plaas is goed en prakties ontwikkel en met goeie bestuur word gesorg vir wisselweiding, die bewaring van leegte areas en die voed van ondergrondse water deur grond walle wat water stoor tydens goeie jare.