[ COVID-19 ] Karoo Lamb as certified by the “Karoo Meat of Origin scheme” qualifies as a food product, which allows us to continue offering all services and products to the public. For all the latest information on COVID-19, go to the official SA COVID-19 resource portal : sacoronavirus.co.za
  • About Kleinmeestersklip

    Ek en my vrou, Suthea, woon sedert Januarie 1983 op die plaas Kleinmeestersklip in die Kareeberg omgewing in die Williston distrik. Ons het die plaas in 1981 aangekoop. Ons het ook in 1995 ‘n tweede plaas aangekoop- Rheebokuyer wat  so 30km noord van ons geleë is.

    Die omgewing is redelik bergagtig en stel groot eise aan boer en werker as dit bv by skaap bymekaarmaak kom. Die risiko van ongediertes soos die rooikat en jakkals is ook groot en daarom is al my grensdrade tans geëlektrifiseer. Op omgewings-vriendelike wyse word my kudde dus beveilig.

    Reënval in die deel van die distrik is so 200mm per jaar.Die veld bestaan uit grasveld(boesmansgras) en bossieveld oa die smaaklike skaapbos en vyebos wat dan aan die vleis sy unieke smaak gee. As ons vriende in die stad eenmaal ons vleis geproe het, verkies hul dit bo enige ander vleis.

    Ek het aanvanklik met merino- en dorperskape geboer maar het geleidelik oorgeskakel na slegs dorpers omdat die opbrengs beter was.

     

    Ek is trots op die feit dat ek tans geregistreer is om Karoo Vleis van Oorsprong te lewer en streef werklik daarna om ‘n top-produk aan die verbruiker te lewer.