About Witvlei

Witvlei is in 2014 aangekoop deur Nico Hodgson en sy twee seuns, Charlie en DeWitt, nadat die vorige eienaar, Mnr Fanie van Schalkwyk oorlede is. Hulle huur egter al vir 'n hele aantal jare die grond van wyle Mnr van Schalkwyk. Die grond is relatief hoog in die Kareeberge gelee en dus is daar dele van die plaas wat relatief onbegaanbaar is weens die baie klip. Ons boer met dorpers op die grond. Ander gronde wat ook aan die Hodgsons behoort is die plase Grootfontein en Platkop.