About Wolwefontein

Johan boer sedert 1987 in die Karoo op die plase Swartbaadjie, Wolwefontein, Soutrivier en Vogelfontein met dorper en merino skape.  Sy pa Floris Vermeulen is Johan se leermeester en mentor om suksesvol in die Karoo te boer.

Sy filosofie is "Ons boer saam met die natuur, as jy na jou veld om sien sal jou skape altyd versorg wees.  Die ideaal is om die veld te verbeter vir die nageslag en dit help ook om droogtes te oorkom.

'n Hoogtepunt in Johan se lewe was toe hy die SAMIC Slagkompetisie gewen het in die groep afdeling.

Wolwefontein spog soos vele ander plase met 'n geskiedkundige korbeelhuis.