• Ma se spesery-lamsblad

    Contributed by

    Deona Tait


    BEELD/LEEFSTYL Blad-wenner
    As kind het my ma graag die lamsblad op hierdie manier gaargemaak. Sy is nou in 'n aftreeoord en maak nie meer self kos nie, maar hierdie resep word steeds deur haar drie dogters gemaak. Sy het geglo 'n mens moet die neut vars rasper, en sy het ook graag die kol- janderkorrels eers liggies in die pan gerooster en dan in 'n vysel fyn ge- stamp vir maksimum geur.
    Jy benodig: So maak 'n mens:
    1. Meng die speserybotterbestanddele goed saam en plaas in die vrieskas tot dit ferm is.
    2. Maak klein insnydings in die lamsblad en stop met bietjies-bietjies van die spesery botter.
    3. Meng die koekmeelblom, sout en peper en geur die vleis daarmee deur dit met die hand daarop te smeer.
    4. Plaas die vleis in 'n baksakkie, bind dit stewig toe en steek 'n paar gaatjies bo in. Plaas die sakkie in 'n oondskottel en bak in 'n voorverhitte oond by 160 °C vir ongeveer drie uur of totdat die vleis sag is. Dit is nie nodig om die baksakkie oop te maak sodat die vleis kan bruin braai nie aangesien dit vanself in die baksakkie bruin word. Hoe om die tyd te bereken: 'n Mens maak dit 45 minute per 500 g in 'n baksakkie gaar en tel op die ou end 'n addisionele 40 minute by.
    Wenk: Van die gaarmaakvloeistof kan verdik word met 'n bietjie koekmeelblom en water om as 'n sous daarby voor te sit. My ma het altyd 'n bietjie suurroom of room hierby geroer.


    Foto: DENZIL MAREGELE

    + RECIPES

  • Beentjievleisskottel , Mariëtte Crafford
  • Karoo-lamsboud, Marie Tomlinson
  • Tipsy-tjops, Nita van der Merwe
  • Lam-pilau, Margaret Hurter
  • Ouma Hannie se Karoo-lamspastei, Joey Pienaar
  • Lamb Shanks on Mint & Pea Risotto, Justin Bonello
  • Lam'burgers, Justin Bonello
  • Tamatie Gemors, Justin Bonello
  • Roosterkoek, Justin Bonello
  • Karoo Finger Food: Sheep Tails, Justin Bonello
  • Scraps of Lamb Pie, Justin Bonello
  • Lamb Cutlets with a thyme and sweet corn soil, minted pea puree, apple jellies and stewed apple., Seline van der Wat
  • Deboned lamb shoulder, rocket salad, sweet corn puree, potato and baby marrow rosti, pickled cucumber and wintermelon, beetroot foam , Seline van der Wat
  • Smoked Lamb Rump, Carrot chips, Karoo granola, spinach and watercress puree, pickled beetroot and an apple foam, Seline van der Wat
  • Lamb noisettes, rocket salad, apricot and rooibos tea foam, potato and baby marrow rosti, minted pea puree, Seline van der Wat