• Karoo-lamsboud

    Contributed by

    Marie Tomlinson


    BEELD/LEEFSTYL Lamsboud-wenner
    In my jong getroude dae (baie jare gelede!) het ons omtrent elke Sondag lamsboud op die tafel gehad. Die resep het ek nog nooit gepubliseer gesien nie, maar die sous is onverbeterlik geurig en ryk. Dit is 'n wenresep wat ek van my pa gee?rf het en waar- voor ons baie suinig was! Deesdae kan ons net met groot feesdae 'n lamsboudjie bekostig en daarom deel ek nou maar hierdie resep met julle.
    Jy het nodig: Vir die sous: So maak 'n mens:
    1. Voorverhit oond tot 180 °C. Sny kepies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies daar in. Geur met sout en peper. Bind die roosmaryn takkie bo-op die boud vas met tou. Gooi 'n bietjie olyfolie in 'n oond roosterbak en plaas die lamsboud daarin. Plaas in die warm oond. Draai die temperatuur na 'n uur af na 160 °C. Rooster verder vir minstens 2/2 uur.
    2. Verwyder roosmaryn. Laat rus vir 10 minute. Sny in skywe en bedien met die lekkerste-van-lekker souse.
    3. So maak 'n mens die sous: Braai spek tot bros in 'n pan. Voeg botter, wortels, seldery en pietersielie by. Braai vir ongeveer vyf minute. Voeg water en lourierblaar by. Prut vir 15 minute. Verwyder van die plaat, verwyder lourierblaar en verpulp die groente. Plaas terug in pan. Meng meel, sout en peper saam. Meng met bietjie water en roer by sous. Voeg suurroom en kappertjiesaad by en verhit vir drie minute. Skep oor gesnyde lamsboud.



    Foto: DENZIL MAREGELE

    + RECIPES

  • Beentjievleisskottel , Mariëtte Crafford
  • Tipsy-tjops, Nita van der Merwe
  • Lam-pilau, Margaret Hurter
  • Ouma Hannie se Karoo-lamspastei, Joey Pienaar
  • Ma se spesery-lamsblad, Deona Tait
  • Lamb Shanks on Mint & Pea Risotto, Justin Bonello
  • Lam'burgers, Justin Bonello
  • Tamatie Gemors, Justin Bonello
  • Roosterkoek, Justin Bonello
  • Karoo Finger Food: Sheep Tails, Justin Bonello
  • Scraps of Lamb Pie, Justin Bonello
  • Lamb Cutlets with a thyme and sweet corn soil, minted pea puree, apple jellies and stewed apple., Seline van der Wat
  • Deboned lamb shoulder, rocket salad, sweet corn puree, potato and baby marrow rosti, pickled cucumber and wintermelon, beetroot foam , Seline van der Wat
  • Smoked Lamb Rump, Carrot chips, Karoo granola, spinach and watercress puree, pickled beetroot and an apple foam, Seline van der Wat
  • Lamb noisettes, rocket salad, apricot and rooibos tea foam, potato and baby marrow rosti, minted pea puree, Seline van der Wat