• Beentjievleisskottel

    Contributed by

    Mariëtte Crafford


    Mariëtte Crafford is Mariella en Peter se ma. Sedert 1980 is sy 'n vryskutjoernalis, -taalversorger, -vertaler, bladuitlegkunstenaar en kosskrywer. Die afgelope dertien jaar verskyn haar rubriek, om die tafel, in rooi rose. Sy werk wêreldwyd as sjef en konsultant.
    Bestanddele vir 12 porsies Marinade: Metode
    1. Meng die marinadebestanddele, en marineer die vleis daarin in 'n glas- of plastiekskottel vir 'n paar uur.
    2. Verbruin die vleis in olie en skep in 'n swaarboompot, giet die marinade daaroor, voeg die spek en tamaties by en prut tot baie sag op die stoof of stowe oornag by 110 *C in 'n diep oondskottel met 'n deksel.
    3. Roer room by, en sit voor met hele, geroosterde kersietamaties en snye geroosterde plaasbrood met bokmelkkaas en songedroogde tamaties daarop. Fynpatats met drie soorte peper, en groenslaai met roket- en waterkersblare is lekker hierby.
    4. Peperpatats: Berei fynpatats net soos jy gewoonlik kapokaartappels maak. Geur ruimskoots met gemaalde swartpeper, ingelegde groenpeperkorrels en strooi pienk peperkorrels daaroor.
    5. Variasie: Gekapte dadels of gedroogde vye wat saam met die vleis prut, verleen 'n heerlike geur saam met die rokerigheid van die spek.

    + RECIPES

  • Karoo-lamsboud, Marie Tomlinson
  • Tipsy-tjops, Nita van der Merwe
  • Lam-pilau, Margaret Hurter
  • Ouma Hannie se Karoo-lamspastei, Joey Pienaar
  • Ma se spesery-lamsblad, Deona Tait
  • Lamb Shanks on Mint & Pea Risotto, Justin Bonello
  • Lam'burgers, Justin Bonello
  • Tamatie Gemors, Justin Bonello
  • Roosterkoek, Justin Bonello
  • Karoo Finger Food: Sheep Tails, Justin Bonello
  • Scraps of Lamb Pie, Justin Bonello
  • Lamb Cutlets with a thyme and sweet corn soil, minted pea puree, apple jellies and stewed apple., Seline van der Wat
  • Deboned lamb shoulder, rocket salad, sweet corn puree, potato and baby marrow rosti, pickled cucumber and wintermelon, beetroot foam , Seline van der Wat
  • Smoked Lamb Rump, Carrot chips, Karoo granola, spinach and watercress puree, pickled beetroot and an apple foam, Seline van der Wat
  • Lamb noisettes, rocket salad, apricot and rooibos tea foam, potato and baby marrow rosti, minted pea puree, Seline van der Wat