• DJS Lubbe

    Category farm
    Province Northern Cape
    District
    Closest town Carnarvon
    Size Ha
    Company Osfontein
    Locate on map | Osfontein

    View all members

    About Osfontein

    Osfontein is tussen Loxton en Carnarvon op die R63 teerpad. Die plaas is ook baie gewild as gasteplaas aangesien ons al in 1996 die ou korbeelhuisie op die plaas as gastehuis ingerig het om gaste die unieke ervaring te laat beleef om in die antieke huisie te slaap. Later het ons nog 'n ou Klip gebou wat vroeer as skeerskuur gebruik is om skape te skeer ook in n gastehuis omskep en ons jongste toevoeging is n boomhuis in n ou populierbos in reuse populierbome,al drie heeltemal uniek met sy eie bekoring en baie gaste kom keer op keer terug en beleef almal. Mense kom hierheen om weg te kom van die besige stadslewe en die stilte en sterreprag van n Karoo plaas te ervaar waar hulle nog kan veilig wees en rondloop of fietsry. Ons huisies is selfsorg,maar ons verkoop ons unieke lamsvleis en hout aan die gaste en gewoonlik wil hulle na die eerste proe nog hê om saam te neem.