• Wonderfontein

    Category farm
    Province Northern Cape
    District Kareeberg
    Closest town Vosburg
    Size 23000 Ha
    Company Le Roux Familie Trust
    Locate on map »

    Back to all members

    About Wonderfontein

    Ons (ek en my seun, JP) besit ‘n karooplaas, Buffelboud, ongeveer 60 km vanaf Vosburg, op die Prieska, Carnovon pad. Die plaas is uniek in die sin dat hier tussen harde karooveld is hier ‘n 3000-4000ha egte rooisand, soos in die kalahari. Kameeldoringbome van meer as 200 jaar ouderdom kom hier wild voor.

    Lichtenstein se geskiedenis reise sê dat Buffelboud sy naam gekry het van ‘n man wat rondom 1795 ‘n buffel gekwes het. Die buffel het die man gestorm, laasgenoemde het in d’n gat gaan kruip. Hy kon egter nie diep genoeg in die gat kruip nie en sy een been- boud het uitgesteek. Die buffel het met sy skurwe tong die man se vleis van sy boud afgelek tot op die been.

    Op die plaas is ook ‘n fontein tussen die sandduine, gevolglik was dit ook in groot droogtes die kontrei se laaste uitkoms. Hier is ook grafte van ongeveer so 80 kinders wat van ‘n paar dae tot 10 jaar oud wissel. Dit was vermoedelik ‘n witseerkeel epidemie.

    Die rooisand kom voor vanaf Buffelboud kort-kort tot by Verneukpan. Geoloë beweer dit kan ‘n oerrivier wees wat weswaarts gevloei het soos die Oranjerivier. Die huisie op Buffelboud is nog in sy oorspronklike vorm en is met kalkklippe en klei gebou. Buffelboud se GPS koördinate is as volg: S30°20.142’ E022°27.887’.

    Ons hou ‘ n paar Beeste daar aan omdat die jakkalse en rooikatte ons dorper lammers bo springhase en steenbokke verkies. Ons hou so 400 skaap en 100 bees op die plaas aan.

    Ander punte en staaltjies:

     Groete Leon le Roux